Augusto Pinochet

Augusto Pinochet
Augusto Pinochet

30ste President van Chili
Ampstermyn
17 Desember 1974 – 11 Maart 1990
Voorafgegaan deur Salvador Allende
Opgevolg deur Patricio Aylwin

President van die Chileense regeringsjunta
Ampstermyn
11 September 1973 – 11 Maart 1981
Voorafgegaan deur Nuwe amp
Opgevolg deur José Toribio Merino

Hoofbevelvoerder van die Chileense weermag
Ampstermyn
23 Augustus 1973 – 11 Maart 1998
Voorafgegaan deur Carlos Prats
Opgevolg deur Ricardo Izurieta

Lewenslange Senator van Chili
Ampstermyn
11 Maart 1998 – 4 Julie 2002
Voorafgegaan deur Carlos Prats
Opgevolg deur Ricardo Izurieta

Persoonlike besonderhede
Gebore (1915-11-25)25 November 1915
Valparaíso, Chili
Sterf 10 Desember 2006 (op 91)
Santiago de Chile, Chili
Eggenoot/-note Lucía Hiriart (1943–2006; sy dood)
Kind(ers) Inés Lucía Pinochet
María Verónica Pinochet
Jacqueline Marie Pinochet
Augusto Osvaldo Pinochet
Marco Antonio Pinochet
Alma mater Chileense Oorlogsakademie
Religie Rooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Militêre diens
Lojaliteit Vlag van Chili Chili
Diens/Tak Chileense weermag
Jare in diens 1931–1998
Rang Kapitein-generaal
Eenheid "Chacabuco" Regiment
"Maipo" Regiment
"Carampangue" Regiment
"Rancagua" Regiment
1ste Weermagsdivisie
Oorloë/Veldslae Chileense staatsgreep van 1973

Augusto José Ramón Pinochet Ugarte, meer bekend as Augusto Pinochet (Spaanse uitspraak: [auˈɣusto pinoˈʃā] of [auˈɣusto pinoˈtʃet];[1][2] Valparaíso, 25 November 1915 – Santiago de Chile, 10 Desember 2006), was 'n Chileense generaal en politikus. Hy was diktator[3][4] vanaf sy staatsgreep op 11 September 1973, toe president Salvador Allende om die lewe gebring is en hy die hulp van die Verenigde State van Amerika gehad het, tot aan 1990. Hierdie staatsgreep het na afloop van 'n ekonomiese en politieke krisis onder sy voorganger, Allende, plaasgevind. Sy regering is bekend vir die onderdrukkende karakter daarvan en sy neoliberale ekonomiese beleid, wat toenemende sosiale ongelykheid veroorsaak het. Weens sy onderdrukkende optrede tydens die staatsgreep en sy beweerde finansiële wanpraktyke is Pinochet een van die mees omstrede persoonlikhede uit die onlangse Chileense geskiedenis.

  1. (es) "Augusto Pinochet". Forvo. 27 Augustus 2014. Besoek op 27 Augustus 2014.
  2. Daniel Engber (12 Desember 2006). "Augusto Pino-qué?". slate.com (in Engels). Salonc.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2018. Besoek op 8 Desember 2015.
  3. (en) Peter Kornbluh (11 September 2013). The Pinochet File: A Declassified Dossier on Atrocity and Accountability. The New Press. ISBN 1595589120 bl. ix
  4. (en) Monte Reel and J.Y. Smith (11 Desember 2006). A Chilean Dictator's Dark Legacy. The Washington Post. Besoek op 20 Maart 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search